Tuesday 16 July 2013

SPEK-EN-EIERPASTEI - Die Nataniël Tafel




SPEK-EN-EIERPASTEI


JY BENODIG
2 velle skilferkorsdeeg, ontdooi • 2 eetlepels druiwepitolie • 4 repies spek, gekap • 6 eiers, geklits • 2 eetlepels vars room • 1 eetlepel pietersielie, fyngekap (opsioneel) • seesout • grofgemaalde swartpeper

METODE
Rol 1 vel deeg effens dunner uit en voer die bodem en kante van ’n medium losboompan daarmee uit. Plaas waspapier oor deeg, vul met rys en bak in oond teen 180˚C vir 10 minute. Verwyder rys en papier en bak vir ’n verdere 10 minute en laat dan afkoel. Rangskik spek oor bodem. Meng room, eiers en pietersielie, geur liggies met sout en peper en gooi oor spek. Rol die res van die deeg effens dunner uit en sny ’n sirkel groot genoeg om die pan te bedek. Plaas oor vulsel en druk vas teen kante. Bak in ’n oond teen 180˚C vir 30 minute of tot ligbruin. Bedien teen kamertemperatuur.