Thursday 18 July 2013

Rump steak met GREEK SALLAD DRESSING




Stefaans Blaauw
Ek het vanaand iets nuuts probeer.... ek het die Rump steak met GREEK SALLAD DRESSING gesmeer, so 2 ure voor ek dit gebraai het. Sout en peper gooi ek altyd eers op as ek dit die eerste keer omdraai, en dan reguit bord toe na die 3de draai.
Mens moet NOOIT steak TE gaar maak of OFFER nie..net gaar maak...
My vrou het natuurlik weer aangedring op groente....toe gee vir haar GROENte.
Daarmee saam het ek net uie en n blikkie sampioene gebraai en reeds gekookte aartappels, met n KLEEEIIINNN bietjie roomsous. Maklik, en smaaklik

Die groot geheim is natuurlik die KWALITEIT van die vleis...