Proe nes Ouma se karringmelkbeskuit
1
kg bruismeel
10 ml (2 t) sout
500 g Stork Bake
375 ml (1½ k) suiker
500 ml (2 k) karringmelk
2 ekstragroot eiers
10 ml (2 t) sout
500 g Stork Bake
375 ml (1½ k) suiker
500 ml (2 k) karringmelk
2 ekstragroot eiers
Voorverhit
die oond tot 180 °C en smeer twee groot broodpanne.
Sif
die meel en sout saam in ’n groot bak. Voeg die STORK BAKE by en vryf dit met
jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk. Roer die suiker in. Klits
die karringmelk en eiers saam en voeg dit by die meelmengsel. Roer tot gemeng
en verdeel dit tussen die twee panne.
Bak
50-60 minute tot gaar (’n toetspen moet skoon uit die middel van elke brood
kom). Verlaag die temperatuur tot 60 °C.
Keer
die brode uit en laat effens afkoel. Sny dit in vingers en pak op bakplate.
Plaas die beskuit in die oond vir 4-6 uur tot heeltemal uitgedroog. Laat afkoel
en bêre in lugdigte houers.
Lewer
70.
Stork
-wenk: Is jou karringmelk op? Meng 250 ml (1 k) volroommelk met 30 ml (2 e)
witasyn. Roer of klits en laat staan 5 minute voor gebruik. Of gebruik helfte
melk en helfte natuur-like jogurt.