Tuesday 16 July 2013

'n steenkool blom



Ria Posthumus

.... Amonia koop jy sommer by enige supermark...daar waar jy die ander skoonmaakmiddels kry. En as jy nou oor het na die skoonmaak dan kry jy vir jou 'n stuk steenkool. Vat eers 'n glasbak ..een wat nie gebruik word nie. Plaas die stuk steenkool daarin. Meng van daai Amonia met baie sout.. Gooi dit oor die stuk steenkool en dan sprinkel jy so 'n paar druppels verskillende koek kleursels hier en daar en begin 'n steenkool blom! ek gooi gou 'n prentjie van my skoonsus sin. Die is al meer as 50 jaar oud. Groot pret vir kleinkinders om te maak en agter te kyk

Ek het vergeet om te se.. een keer 'n week voer jy die steenkool blom met 'n mengsel van sterk soutwater wat jy onder in die bak gooi en nie bo oor die "plant" nie. dan groei hy soos die een....