Monday 22 July 2013

Lemoensap




Lemoensap
Rasper die buitenste skil van 12 lemoene en 3 suurlemoene af en gooi 750 mℓ kookwater daarop. Laat dit stadig kook vir 15 minute.
Syg die mengsel deur 'n klam moeseliendoek en los 1½ koppies suiker op daarin.
Druk die sap van die lemoene en suurlemoene uit en syg dit ook deur die doek. Meng dit met die ander mengsel.
Gooi die sap in gesteriliseerde bottels en verseël dit met gesteriliseerde kurkproppe.