Monday 29 July 2013

Knoffelkatkop




Knoffelkatkop

 Jy benodig

4 heel knoffelbolle
1 witbrood, ongesny en verkieslik twee dae oud
1 wiel fetakaas, gekrummel
1 koppie mozzarellakaas, gerasper
125 g botter
1 koppie pietersielie, fyn gekap
1 teelepel sout
Só maak mens

Sit die knoffelbolle net so op ’n rooster oor matige kole vir omtrent ’n uur of totdat dit sag is.
Haal die knoffel van die kole af. Laat dit heeltemal afkoel en trek dan die skilletjies af. Druk die heerlike sagte pulp in ’n bakkie uit.
Sny die korsie van die brood aan die een kant af en hol dan die brood uit. Dit werk maklik as jy met ’n messie teenaan die kors, langs die kante, insny.
Breek die hompe brood met jou vingers in stukkies en meng dit met die knoffel, kaas, botter, pietersielie en sout.
Stop die brood nou met die heerlik dekadente vulsel.
Sit die brood in ’n bruinpapierkardoes of draai dit in bakpapier toe en pak jou versameling ou tydskrifte bo-op. Jy wil die brood lekker plat druk, tot so ongeveer die helfte van sy grootte, sodat jy dit in maklik eetbare porsies kan sny.
Braai dan die brood oor baie stadige kole of bak dit in ’n matige oond vir ongeveer een uur.