Monday 22 July 2013

Klits-&-dis-klaar-kolwyntjies

 
 

Klits-&-dis-klaar-kolwyntjies (Cupcakes)
Lewer 15 kolwyntjies

 125 g (125 ml) sagte botter
 150 g (180 ml) suiker
 210 g (375 ml) koekmeel
 10 ml bakpoeier
 knippie sout
 2 ekstra-groot eiers
 125 ml melk
 5 ml vanieljegeursel

 Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas 15 kolwyntjiepapiertjies in ’n muffinpanne.
 Klits die botter en suiker in ’n mengbak saam tot net gemeng.
Voeg die res van die bestanddele by en klits deeglik met ’n elektriese handklitser vir ’n paar minute of net tot ’n gladde beslag vorm.
 Skep beslag in die papiertjies.
Bak 25 minute of net tot ’n toetspen skoon uitkom en die kolwyntjies goudbruin is.
 Laat ’n minuut of twee in die pan afkoel en laat op ’n afkoelrakkie afkoel.
 Versier soos verkies. (Sien wenke vir versiersel.)

Wenke:
 Dié maklike koekbeslag kan vir ’n kinderpartytjie gebruik word. Die beslag kan maklik verdubbel of verdriedubbel word, indien ’n spesifieke vormpan gevul moet word. Smeer ’n 20 cm-koekpan (1 x beslag) of vormpan van jou keuse en bak 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.