Monday 22 July 2013

Kameelperd Rolkoek




Sommer ietsie heel anders... en lekker...!!

Maak jou gewone gunsteling rolkoek resep aan... Smeer bakplaat, plaas waspapier op, smeer weer, giet nou jou "kameelperd" patroontiies met die beslag, laat die strepies goed "set".."droog" word as die patroon voltooi is.

 Meng 3 et kakao saam met bietie warm water en druppel kookolie, meng glad, meng by rolkoek in vir bruin mengsel, giet versigtig oor "k...ameelperd" strepe,... bak soos jou resep se.

As koek afgekoel is, lig klaargebakte rolkoek uit met waspapier, smeer ligte lagie gesmelte sjokolade oor, styfgekopte room, en piesang, rol versigtig op terwyl jy waspapier saggies verwyder..rol dan toe in waspapier, sit in yskap vir 1 uur... geniet,,!!