Monday 22 July 2013

Brocolli-en-cheddar-sop




Brocolli-en-cheddar-sop

Dié romerige sop is pure trooskos

Jy het nodig:
1¾ koppie hoenderaftreksel
1 medium aartappel, geskil en gekap
¼ t sout
450 g vars of bevrore broccoli wat ontdooi het
1 koppie melk
2 koppies gerasperde Cheddar

Bring 1¾ koppie hoenderaftreksel, 1 medium aartappel, geskil en gekap, en ¼ t sout in ’n groot kastrol tot kookpunt.
Kap 450 g vars of bevrore broccoli wat ontdooi het, in stukkies en voeg die helfte by in die kastrol. Verlaag die hitte na medium; kook vir 10 minute of tot die aartappel sag is.
Pols dit in ’n voedselverwerker tot glad. Gooi dit terug in die kastrol; voeg die oorblywende broccoli, 1 koppie melk en 2 koppies gerasperde Cheddar by. Kook op medium vir 5 minute of tot die kaas smelt, roer.