Wednesday 24 July 2013

FRANS-ITALIAANS-MEKSIKAANSE PRETORIA PANBREDIE




FRANS-ITALIAANS-MEKSIKAANSE PRETORIA PANBREDIE

JY BENODIG
1 blikkie cannelini-bone
1 blikkie swartbone
1 koppie jong tamaties, gehalveer
’n handvol jong spinasie
4 eiers
1 eetlepel druiwepitolie
seesout grofgemaalde
swartpeper
’n handvol Italiaanse pietersielie
METODE
Plaas druiwepitolie in ’n pan wat ’n deksel het. Plaas pan op ’n mediumhitte plaat.Voeg tamaties by. Voeg cannelini-bone by. Voeg swartbone by. Roer bestanddele saam in die pan. Rol spinasieblare bymekaar en plaas tussen die tamatie- en bone-mengsel. Maak spasies in die pan en breek eiers in die spasies. Plaas deksel op die pan en laat prut totdat eiers gaar is. Geur met sout en swartpeper. Strooi pietersielie bo-oor.