Tuesday 23 July 2013




BASIL PESTO

 Pesto hoef jy nie nét saam met pasta te gebruik nie. Jy kan dit ook op broodjies, in slaaisouse of in feitlik enige gereg gebruik. Eksperimenteer ’n bietjie met dié wonderlike resep.

(sowat 200 ml)
5 ml sout
4 handevol vars basiliekruidblare (sowat 100 g)
4 knoffelhuisies
20 g dennepitte [kan amandels gebruik as plaasvervanger
60 g pecorino-kaas, fyngerasper
40 g parmesaan-kaas, fyngerasper
120 ml olyfolie

 MAAK DAN SO:
Jy kan ’n stamper en vysel of jou voedselverwerker gebruik. As jy laasgenoemde gebruik, gooi die sout en die helfte van die basiliekruidblare in. Verpulp tot fyn. Voeg die knoffel en nog ’n paar basiliekruidblare by. Verpulp weer tot fyn. Voeg die res van die blare by en maak fyn. Voeg die dennepitte by en kap tot fyn. Haal die mengsel uit jou voedselverwerker en vou die kase in. Gooi die olyfolie bietjie vir bietjie by tot jy ’n gladde pasta het. (As jy ’n stamper en vysel gebruik, doen jy alles dieselfde, net met meer inspanning!)