Friday 26 July 2013

Als-in-een-fantasie-lekkers





Als-in-een-fantasie-lekkers

  Perfek .... Die naam sê alles. Maak toe jou oë en geniet alles wat lekker is!

 maak sowat 12


 250 g (1 pakkie) sjokoladeballe met koekie in die middel, grofgekap
 100 g (1 pakkie) pistasieneute, gekap
 125 g (1/2 pakkie) rosyntjies
 100 g (1/2 pakkie) malvalekkers, in stukkies gesny

 200 g melksjokolade, gesmelt
 100 ml sjokolade-sous

 Meng die sjokoladeballe, pistasieneute, rosyntjies en malvalekkers in ’n groot mengbak. Voeg gesmelte sjokolade by en meng goed. Skep lepels vol van die mengsel in groot kolwyntjiepanne wat uitgevoer is met bakpapier. Laat stol in die yskas. Sit voor met sjokolade-sous.

 
 Wenk

 Jy kan eintlik enige lekkers in dié resep gebruik!