Wednesday 12 June 2013

Wit en Geelrys

 
 
Naomi le Roux
Hoe kook jy wit Tastic rys. Ek kook dit so:
250 ml Tastic rys: Sit dit in my kleinste vlekvrye staalpotjie en giet water oor tot die rys bedek is. Dan kook ek dit vir 5 - 10 minute. Haal van die stoof af en was die rys in 'n vergietes of sif onder lopende water sodat al die stysel kan afwas. Daarna sit ek dit weer terug in die pot en giet water oor tot rys bedek is. Sit my 2.5 ml sout by en kook dit tot die water alles opgekook is oor matige hitte... dan giet ek weer 200 ml water by en sit die stoofplaat na 2 en laat dit stadig uitdy tot ek moet tafel dek. Dan is die rys mooi droog, uitgepof en smaaklik.

Geelrys: Word dieselfde as wit rys gekook... maar sit 2.5ml droe borrie by nadat jy dit afgespoel het. Giet ook 125 ml suiker, pyplkaneelstokkie -of steranys (opsioneel) by en 125 ml pitlose rosyne en 5 ml botter/Stork bake. Kook op lae hitte tot gaar. Voeg af en toe bietjie water by tot rys mooi uitgeswel en droog is. Pasop vir brand.
Lekker saam met... Bobotie, groenbonebredie en groenslaai.