Tuesday 11 June 2013

WILDSOSATIES




WILDSOSATIES: [ANNATJIE REYNOLDS]
Gebruik die binneboud spier van ‘n wildsboud wat goed gejag en goed rypgemaak is.

 Genoeg vir 15 sosaties
 1.5 kg wildsvleis, in blokkies gesny
 60 ml olie
 2-3 uie, dun gesny
 3 knoffeltone, gekneus
 30 ml matige kerriepoeier
 1 klein, heel brandrissie
 1 stuk vars gemmer, fyn gekap

 2 lourier –of suurlemoenblare
 35o ml goeie bruin asyn
 30 ml appelkooskonfyt
 500 ml melk
 250 g varkvet in 2.5 cm bloke gesny , opsioneel …L.w. dit is nie bacon nie. Of gebruik skaapstervet.
 125g sagte, gedroogde appelkose. As jy dit gebruik, maak jy nie meer ‘n sosatie nie, maar ‘n kebab.

 MAAK DAN SO:
 Verhit die olie en soteer uie oor matige hitte vir sowat 15 minute tot sag en deurskynend.* plaas die deksel op as die uie “braai”. Voeg knoffel, kerriepoeier ,brandrissie, gemmer en lourierblare by. Roerbraai vir sowat 3 minute. Voeg asyn en appelkooskonfyt by, en bring tot kookpunt. Laat vir 10 minute prut. Laat goed afkoel en roer melk by. Plaas 3 suurlemoenblare in die marinade. Marineer die wildsblokkies en varkspek en appelkose in die marinade, bedek met kleefplastiek en plaas vir 2 dae in yskas. Ryg op stokkies en rooster stadig oor matige kole.

•Die woord “sosaties” kom van die Maleisiese word sesate en beteken “vleis op stokkies”. Oorspronklik het die Moslem-gereg natuurlik g’n varkspek bevat nie, wel skaapstertvet. Maar Suid Afrikaners skroom nie om met tipiese overdaad soms tot 3 soorte vleis op dieselfde stokkie te ryg nie!.