Monday 3 June 2013
SPEK EN EIER ROLLETJIES :
250g Rindless Back Bacon
4 Eiers
4 Broodrolletjies
20ml Margarien
Sout en varsgemaalde Swartpeper
Sny die rolletjies in die helfte deur en smeer elkeen met margarien.
Sit die spek in ’n pan en laat dié warm word.
Braai vir 5 minute tot net bros.
Haal uit die pan en los ’n rukkie op absorberende papier om oortollige vet te verwyder.
Gebruik dieselfde pan om die eiers na smaak te braai.
Plaas die spek en eiers op die rolletjies en bedien warm.
Jy kan ook 'n skyfie kaas, tamatie en gebraaide uie hierop probeer.