Friday 14 June 2013

Skaap Skenkel Potjie




Skaap Skenkel Potjie

Potjie No: 3
Genoeg vir: 4
Gaarmaaktyd: 2 uur

Bestanddele:
1 kg skaap skenkel, in skywe gesaag
15 ml kookolie
250 g uie, in skywe gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 ml vleis aftreksel
500 g aartappels, in skywe gesny

250 g groenbone
250 g murgpampoentjies, heel as klein, anders gesny
250 g sampioene, heel of klein, gesny as groot
4 sprietuie
250 g tamaties, ontvel en gekap
5 ml gekapte vars oreganum of 2 ml gedroogde
Knippie gemaalde naeltjies
1 ml paprika
15 ml vars roosmaryn of 5 ml gedroogde

Metode:
Verbruin skenkel in verhitte olie.
Voeg uie by en soteer tot deurskynend.
Geur vleis met sout en peper.
Giet verhitte aftreksel oor.
Rangskik vrugte bo-op vleis in die volgende volgorde: aartappels, groenboontjies, murgpampoentjies, sampioene en sprietuie.
Skep tamatie bo-op groente.
Besprinkel met oreganum, naeltjies, paprika en roosmaryn.
Bedek met deksel op en prut vir 1,5 - 2 uur of totdat vleis en groente sag is.
Moenie roer tydens die gaarmaak proses.
Voor opdiening, roer versigtig om seker te maak dat die vleis en groente nie breek nie.