Tuesday, 4 June 2013

Romerige varkworsiepasta






45 ml olyfolie
750 g goeie varkworsies
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen en 1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 ui, in dun wiggies gesny
5 ml droë basiel
5 ml droë oregano
1 blik (410 g) gekapte tamaties

Sout en peper na smaak
250 ml room
500 g pasta van jou keuse
250 ml gerasperde parmesaan

Verhit die olie in 'n groot pan en braai die worsies daarin tot goudbruin en gaar. Skep uit en hou eenkant. Kook die pasta in 'n groot pot soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Braai intussen die knoffel, soetrissie-repies en ui in dieselfde pan (in die oorblywende olie) tot gaar. Voeg die basiel en oregano by en braai tot geurig. Voeg die tamaties en geurmiddels by en verhit tot kookpunt. Voeg die room by en prut tot effens afgekook en verdik. Sny die worsies in stukkies en voeg by die sous. Dreineer die pasta en voeg ook by. Meng alles deur en sprinkel parmesaankaas oor. Genoeg vir ses mense.