Sunday 23 June 2013

Piesang Blatjang




Wilna Dorfling

Piesang Blatjang  
Bestanddele
800 g Geskilde Piesangs
3 rooi rissies
2 Uie
2 Knoffel huisies
250 g Sultanas (420 ml)



10 ml Sout
1 ml Peper
10 ml Kerriepoeier
5 ml Borrie
1 ml Tiemie
Knippie fyn naeltjies
750 ml Asyn
400 g Suiker (500 ml)
1 klein blikkie appelkoos konfyt (450g)

Metode
kap die groenrissies, knoffel en uie fyn. Braai uie, groenrissie en knoffel. Maak 'n pasta van al die droë bestanddele. Sny piesangs in skyfies .Plaas alles in 'n pot en kook vir 1 uur lank. Roer kort, kort. Bottel warm. Lewer 1.5 Liter.
baie lekker