Sunday 23 June 2013

Spekvleis Plaatkoekies





PLAATKOEKIES

 250ml koekmeel
 10ml bakpoeier
 1ml sout
 30ml suiker
 1extra large eier
 200ml melk

 15ml gesmelte botter of margarine
spekvleis repies

1. Sif al die droe bestandele saam.
 2. Klits eier en melk en gesmelte botter saam en voeg by droe bestandele.
 Meng baie goed tot beslag mooi glad is.
 Laat staan dan vir +/- 30min voor jy begin bak.

Maak plaatkoekie beslag aan. Sit repie spek in pan, gooi plaatkoekie beslag oor en bak tot gaar.