Wednesday 12 June 2013

Pampoenkoekies met 'n karamelsous




Ronel Connoway

Pampoenkoekies met 'n karamelsous
250 ml koekmeel, ongesif
25 ml suiker
10 ml bakpoeier
250 ml gaar pampoen, koud
1 eier, geklits
50 ml melk

olie vir diep braai

Karamelsous
250 ml suiker
60 ml botter
250 ml water
250 ml melk
25 ml vlapoeier

Metode:
Sif die meel, suiker en bakpoeier saam.
Voeg die pampoenmoes, eier en melk by en meng goed.
Skep lepelsvol in matige warm olie en braai tot goudbruin en gaar.
Dreineer op kombuispapier.
Braai die suiker en botter in 'n dikboom kastrol tot goudbruin. Roer dan die water versigtig by en dan die melk. Roer aanhoudend totdat karamel gesmelt het. Maak die vlapoeier aan met bietjie koue water, roer by die sous. Verhit totdat sous verdik.
Gooi sous bo-oor pampoen koekies.