Wednesday 12 June 2013

Murgpampoentjie-lasagne




Murgpampoentjie-lasagna

Genoeg vir: 4
Oondtemperatuur: 200 °C

• 60 ml botter
• 60 ml meel
• 750 ml melk
• 1 fles pastasous met ’n tamatiebasis
• 400 g murgpampoentjies, in skywe gesny
• 100 g feta, gekrummel
• omtrent 9 droë voorafgekookte lasagnevelle
• 100 ml gerasperde cheddar of 50 ml parmesan

Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by. Haal dit van die plaat af en voeg die melk bietjies-bietjies by terwyl jy roer. Sit dit terug op die plaat, geur dit goed en laat dit prut. Roer dit tot dit dik en gaar is.

Skep ’n dun laag pastasous in ’n oondbak van 20 x 30 cm. Pak ’n laag murgpampoenskywe bo-op en sprinkle feta oor. Skep ’n lagie witsous bo-oor voor jy ’n laag lasagnevelle pak.

Herhaal die proses om minstens drie van elke laag te hê. Eindig met witsous, sprinkel die kaas bo-oor en bak dit vir 25 minute in die verhitte oond.