Thursday 13 June 2013

Paella




Paella

(Pas die resep na jou smaak aan en gebruik seekos, wors of groente waarvan jy hou.)

1 liter hoenderaftreksel
Paar saffraandraadjies of 5 ml borrie
45 ml olie
1 ui, grof gekap
2 knoffelhuisies, grof gekap
1 groen soetrissie, gekap

4 hoenderborsies of 6 hoenderdye, sonder vel of been
500 ml witrys
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
10 ml gerookte paprika
1 groot stokvisfilet, in blokkies gesny
500 ml gemengde seekos (marinaramengsel), ontdooi
250 ml bevrore ertjies
Sout, vars gemaalde swartpeper en vars suurlemoensap na smaak
Vars pietersielie, gekap

Meng die aftreksel met die saffraandraadjies of borrie en hou eenkant warm. Verhit die olie in ’n groot platboompan en braai die ui, knoffel en soetrissie tot geurig. Voeg die hoender by en braai tot bruin. Voeg die rys, tamaties, aftreksel en paprika by, meng liggies en verhit tot kookpunt. Bedek en prut vir ongeveer 20 minute of tot die rys amper gaar is.

Pak die vis en seekosmengsel bo-op die gereg en geur mildelik met sout, peper en vars suurlemoensap. Bedek weer en prut vir vyf minute, voeg die ertjies by, bedek en prut vir nog 5 minute tot 7 minute tot die vis en seekos gaar is. as die paella baie souserig is, kook dit vir ’n paar minute vinnig af sonder die deksel. Sprinkel vars pietersielie oor en sit voor. Lewer ses tot agt porsies.