Friday 21 June 2013

Ouma Catherina se konfyt rotskoekies



Ouma Catherina se konfyt rotskoekies – Magda Johnstone Elke padkos-mandjie moet ‘n soetigheid inhê. Magda vertel dis haar Ouma Mooihoek se resep. Dit word rotskoekies genoem weens die deeg wat bo-oor gerasper word. Heel gepas word die rotskoekies in die Swartberg-pas uit die mandjie gehaal.

24 koekies

3 K koekmeelblom
1 K botter
1 K suiker
2 t bakpoeier
2 eiers

Appelkooskonfyt

Voorverhit oond tot 180ºC
1. Sif droë bestanddele saam en vryf botter in tot krummels.
2. Klits die eiers en suiker saam en meng met droë bestanddele tot ‘n sagte deeg.
3. Deel die deeg in twee en druk een helfte in gesmeerde pannetjie vas.
4. Smeer ‘n lagie konfyt oor die basis en rasper die res van die deeg bo-oor.
5. Bak tot ligbruin en gaar. Sny in vierkante of vingers. Laat afkoel.

WENK: Vir afwisseling kan lemoenskil (fyn gerasper) by die deeg ingewerk word saam met die konfyt.
Smelt donker sjokolade en druk een puntjie van die rotskoekie daarin of drup met ‘n teelepel dun strepies oor die koekies.