Tuesday 11 June 2013

Marinaa se braaisous

Mariaan Faurie Erasmus

Ek nou die dag die resep erens op fb gesien. Gebruik 2kg Tamaties waarvan die kern en pitte verwyder is, 2 koppies suiker, kwart koppie appelasyn, half teelepel sout.
Versap die bestandele saam en kook by 'n lae hitte vir ongeveer 1 uur. Roer gereeld.
Gooi deur 'n sif om stukkies te verwyder Voeg 1 verpoeierde Vitamien C tablet by om die kleur te behou.
Vries of lê die tamatiesous in vir latere gebruik. Rissiepoeier of paprika kan voor die kook proses bygevoeg word vir smaak.