Tuesday 4 June 2013

Lemoendrankie met speserye





500 ml lemoensap
2 heel naeltjies
1 reep lemoenskil
15 ml heuning
1 kaneelstok
1 steranyssaad

Verhit alles saam en laat prut vir 5 minute. Plaas 'n paar lemoenskywe in hittebestande glase en giet die warm drankie daaroor. Sit voor.

 Genoeg vir 2 mense.

 Nota: Die drankie kan ook koud geniet word.