Monday, 3 June 2013

Hoendersop

Rene Truter Wessels

1 klein Hoender
1 teelepel sout
1 teelepel gemengde droe kruie
1 ui fyn gekap
1 eetlepel botter vir smoor
1 eetlepel olie vir smoor
2 knoffelhuisies fyn gekap
1 wortel fyn gesny
2 koppies grof gekapte seldery – stingels en blare
1 koppie botterskorsie klein blokkies


Vars pietersielie
roosmaryn, tiemie en lourierblare [ min nie baie nie] omtrent 2 van elk in n bondeltjie gebind
2 liter hoender aftreksel
250 ml wit wyn
Knippie swart peper

Trek die vel vd hoender af, strooi sout en gemengde kruie oor[gebruik vel vir aftreksel]
Braai die hoender in die oond vir 40 minute by 180 grade C
Sny die vleis van die karkas af [ gebruik die karkas vir aftreksel] Gee omtrent 2 ½ - 3 koppies vleis
Smoor die ui en knoffel in die botter en olie. Voeg wortel en skorsie by en roerbraai.
In n groot kastrol: 2 liter warm hoenderaftreksel, hoendervleis blokkies/stukkies, groentemengsel en bossie vars kruie, swart peper. Bring tot kook punt , verlaag hitte en gooi wit wyn by. Laat prut vir ongeveer 1 uur. Gooi bossie kruie weg voor opdiening.
Vir hoenderroomsop voeg n koppie room aan die einde by

KORTPAD
Braai ontvelde hoenderborsies stukkies tot gaar saam met gemengde kruie[soos vir roerbraai]
Gebruik blokkies hoenderaftreksel [bv. Knorr] maak 2 liter soos aanwysings, as jy verkies om nie eie aftreksel te kook nie]
Aartappel kan ook bygevoeg word, sny in klein blokkies en kook saam in kastrol.
Oorspronklike resep uit My Vriendin se Keur Resepte: [was te koop by n markstalletjie]