Friday, 7 June 2013

Butternut tert


3 koppies butternut(nie pampoen nie, pampoen maak tert pap)
1 hoogvol koppie suiker
3 eetlepels botter
3 eiers
3 eetlepels vlapoeier

1,5 koppie melk
sout.

Kook die butternut, dreineer en maak dit fyn met n vurk, klits dan al die bestanddele saam en gooi in gesmeerde bak(dit is maar 'n taamlike loperige besigheid!). Strooi kaneel bo-oor en bak vir 45 min teen 180C. Heerlike tert!!