Tuesday 4 June 2013

Braaisout





60 ml growwe sout
30 ml koljandersaad
15 ml gedroogde oreganum
15 ml swartpeperkorrels
15 ml mosterdpoeier

15 ml paprika (gerookte paprika indien verkrygbaar)
Die sout kan in ‘n voedselverwerker of koffiemaler gemaak word.
Verwerk eers die koljander, oreganum en swartpeper tot fyn en voeg dan die sout by. Verwerk weer tot alles fyn is. Gooi uit in ‘n bakkie en voeg die mosterd en paprika by.
Meng alles deeglik en skep in ‘n bakkie of spesery-shaker.