Tuesday 11 June 2013

Beesvleis roerbrai




Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
3 minute
Gaarmaaktyd:
10 minute

• sonneblomolie
• 1 ui, middeldeur en opgesny
• 1 knoffelhuisie, fyngedruk
• 1 rooi soetrissie, ontpit en opgesny
• 250 ml fyngesnipperde pers kool
• 400 g kits-steaks (minute steaks), teen die grein opgesny
• 125 ml soetsuur-sous (of gebruik roerbraaisous)
• Chinese noedels en vars koljander om voor te sit

1 Verhit ’n bietjie olie in ’n swaarboompan of wok oor ’n hoë hitte. Gooi die ui, knoffel, soetrissie en kool in die warm pan. Roerbraai vir ’n paar minute tot net-net gaar. Hou eenkant.
2 Verhit nog olie. Voeg die vleis by en roerbraai oor ’n hoë hitte tot bruin. Roer die groente en soetsuur-sous by. Sit voor met noedels en koljander.