Thursday 9 May 2013

Vinnige Maalvleis Pasteie





Vulsel
30 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
500 g beesmaalvleis
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
15 ml worcestersous
1 x 410 g tamatiepuree
Water
1 x 410 g blik chakalaka
2 x 400 g rolle reg-om-te-gebruikskilferkorsdeeg
1 eier, geklits

Verhit die olie en braai die ui en knoffel daarin tot gaar. Voeg die maalvleis, sout en peper by en braai tot gaar. Voeg die worcestersous en tamatiepuree by. Maak die tamatieblik vol water en voeg dit ook by. Verhit tot kookpunt en prut sonder ’n deksel tot die vleis gaar, geurig en nie meer waterig is nie. Voeg die chakalaka by en verhit weer tot kookpunt. Prut liggies vir 10 minute tot geurig en effens verdik. Laat die vulsel afkoel tot kamertemperatuur en verkoel tot benodig. Voorverhit die oond tot 200 °c en voer twee bakplate met bakpapier uit. Rol elke rol skilferkorsdeeg dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny die deeg in vier ewe groot blokke. Skep ’n groot lepel of twee vulsel in die middel van elke stuk deeg en verf die rante met geklitste eier. Vou die deeg oor en seël die rante met ’n vurk. Herhaal die proses met al agt pasteie en pak op die bakplate. Verf elke pastei met geklitste eier en bak vir ongeveer 20-25 minute tot goudbruin, opgepof en brosgebak. Sit voor met tamatie- of soetrissiesous en ’n lekker mengelslaai. Lewer agt porsies.