Thursday 9 May 2013

Tamatie en Lensiesop




30 ml olyfolie
1 ui, grof gekap
1 knoffelhuisie, grof gekap
2 selderystingels, grof gekap
2 wortels, grof gekap
5 ml paprika
300 g sopbene
300-400 ml vleisaftreksel

1 blik (410 g) gekapte tamaties
10 ml sagte bruinsuiker
15 ml worcestersous
Sout en varsgemaalde swartpeper
250ml gaar lensies
Verhit die olyfolie en braai die ui, knoffel, seldery, wortel en paprika vir ’n paar minute. Roer die sopbene by die uiemengsel en braai vir ’n minuut of twee.
Giet die vleis-aftreksel, gekapte tamaties, suiker, worcestersous, sout en peper by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir 10-15 minute of tot geurig. Roer die lensies by en bring weer tot kookpunt.
Skep die sop in verhitte bakkies en sit voor saam met brood. Genoeg vir vier mense.