Thursday 9 May 2013

Grondboontjie-broslekkers





Maak: omtrent 20 blokke
 
• 25 ml botter
• 320 g (375 ml) suiker
• 360 g (250 ml) gouestroop
• 150 g grondboontjies (gesout of ongesout)

• 1 ml koeksoda

 1 Smelt die botter in ’n kastrol. Voeg die suiker, gouestroop, ’n knypie sout en 100 ml water by. Verhit dit stadig en roer tot die suiker opgelos het. Verf die suikerkristalle wat teen die kant van die kastrol vorm, af met ’n kwas wat in water gedoop is.

 2 Laat die mengsel prut sonder om dit te roer tot dit hardekraakstadium (149-154 °C) bereik. Toets of dit reg is deur ’n druppel van die mengsel in koue water te laat val – dit moet in dun draadjies verdeel wat ferm en baie bros is.

 3 Meng die grondbone en koeksoda by en gooi dan die mengsel in ’n gesmeerde vierkantige 25 cm-bakpan. Merk dit met ’n mes in duidelike blokkies voordat die mengsel hard word. Breek dit in blokke wanneer dit hard is en bêre dit in ’n lugdigte houer.