Friday, 26 April 2013
ONDERSTEBO-PIESANGPOEDING
50 g botter, gesmelt
60 g bruinsuiker
5 piesangs
2 eiers
100g suiker
5 ml vanielje geursel
50g sagte botter
120 g meel
10 ml bakpoeier
20 g kakao
75 ml melk
knippie sout
Verhit oond tot 180°C. gooi gesmelte botter in oondvaste bak en sprinkel 60 g bruinsuiker bo-op. sny die piesangs in skywe en plaas bo-op die suiker.
Klits die eiers en suiker saam tot lig en romerig.
Klits vanieljegeursel en sagte botter by die suiker en eier mengsel. sif meel, bakpoeier en sout en kakao saam en voeg om die beurt met die melk by die suikermengsel.
Skep beslag bo-oor piesang en bak vir 40 minute in oond. haal uit en laat staan vir paar minute. keer uit en whala!