Tuesday 30 April 2013

Italiaanse Hoender




40 ml (8 t) olyfolie
12 hoenderporsies
1 groot ui, gehalveer en in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekap
125 ml (½ k) witwyn
30 ml (2 E) asyn
125 ml (½ k) hoenderaftreksel
1 blik (410 g) heel tamaties
20 ml (4 t) tamatiepasta
5 ml (1 t) gekapte, vars tiemie

5 ml (1 t) suiker
3 ansjovisfilette, fyn gekap
125 ml (½ k) swart olywe, ontpit en gehalveer
40 ml (8 t) grofgekapte Italiaanse pietersielie

1. Voorverhit oond tot 180 °C. Verhit olie in ’n groot pan en braai die hoenderporsies tot bruin.
2. Giet panvloeistof in ’n houer uit, maar hou sowat 20 ml (4 t) in die pan. Braai uie en knoffel daarin tot sag.
3. Voeg wyn en asyn by uie en verhit tot kookpunt. Kook tot vloeistof met die helf¬te verminder het. Voeg hoenderaftreksel by en roer twee minute oor hoë hitte.
4. Druk die tamaties met hul vloeistof deur ’n sif en giet dit in die pan saam met die tamatiepasta, tiemie en suiker. Kook vir nog ’n minuut.
5. Giet tamatiemengsel oor hoenderpor¬sies, bedek en bak vir 1 uur.
6. Verhit panvloeistof wat eenkant gehou is in ’n kastrolletjie en kook vir 1 minuut. Voeg ansjovis, olywe en die helfte van die pietersielie by en kook nog ’n minuut.
7. Giet oor die hoender en sprinkel die res van die pietersielie oor. Sit voor met fynaartappel en groenbone.
Lewer ses porsies.