Wednesday, 10 April 2013
Gemmer-en-dadeltertjies
375 ml koekmeelblom
5 ml fyn gemmer
3 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
2 ml sout
180 ml sagte botter
160 ml sagte bruinsuiker
1 ekstra-groot eier
375 ml fyn gesnipperde dadels
Stroop
90 ml kookwater
10 ml botter
125 ml suiker
60 ml brandewyn
Voorverhit oond tot 200 °C en smeer ’n muffinpan met botter. Sif meel, gemmer, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Verroom botter en suiker tot donsig en voeg eier by. Klits goed. Roer dadelstukkies by.
Verdeel beslag tussen muffinholtes en bak vir 15-20 minute tot gaar.Terwyl tertjies bak, berei stroop: Verhit ál die bestanddele, behalwe brandewyn, tot kookpunt en laat prut vir vyf minute. Verwyder van hitte en voeg brandewyn by. Skep twee eetlepels warm stroop oor elke tertjie sodra dit uit oond kom. Sit louwarm voor met geklopteroom óf roomys.
Lewer 12 tertjies.