Monday 29 April 2013

BROKKOLI / BLOMKOOL / BUTTERNUT / SPINASIESOP

Hannalie Kitshoff
 
Dit is amper weer winter en tyd vir sop voor die kaggelvuur. Probeer hierdie basiese resep en gebruik dit om 4 verskillende soppe te maak. Alet Erasmus (Creative Cuisine)
(4 porsies)
PUREE
1 kg brokkolie,
blomkool, butternut of spinasie(gekap)
4 aartappels,geskil en grof gekap
2 medium uie, geskil en grof gekap
1.2 lt hoenderaftreksel(gebruik 3 blokkies aftreksel)
WITSOUS:
200 ml margarien of botter
250 ml meel

750 ml melk
500 ml hoenderekstrak(2-3 blokkies aftreksel)
neutmuskaat,
sout,
grofgemaalde peper na smaak(‘n moet)
gemengde kruie
knoffel (werk by butternut)
250 ml room (of melk)

METODE:
1. Kook groente in aftreksel tot sag en gaar. Maak seker dat die water(ekstrak) nie wegkook nie. Moet souserig wees.(sit deksel op-anders verdamp vloeistof)
2. Verpulp tot baie glad saam met vloeistof waarin dit gekook het.
3. Smelt botter in skoon kastrol en voeg meel by.Voeg melk en hoenderekstrak bietjie vir bietjie by en roer aanhoudend. ‘n Whisk werk goed.Kook tot gaar en verdik.
4. Voeg groentepuree by en geur. Die smaak van neutmuskaat werk goed saam met al hierdie soppe.
5. Voeg room by.

WENKE/IDEES:
1 Soms proe dit nog nie geurig genoeg nie en daar is daar heel moontlik te min sout in. Sout laat al die geure in ‘n gereg bymekaar kom. Moet egter nie sout byvoeg voor jy nie geproe het nie, want die hoenderekstrak is alreeds sout.
2 Bedien die brokkolie en blomkoolsop met bietjie gekrummelde feta/bloukaas en geroosterde amandelvlokkies as jy gaste wil beïndruk.
3 Vir ‘n bietjie van ‘n byt by die butternutsop, kan jy ‘n knippie kerriepoeier/cayenne peper byvoeg.
4 Pulp kan gevries word, maar die witsous vries nie goed nie.
5 As jou mense op ‘n dieet is of as jy dit goedkoper wil maak vir bv. jou selgroep, kan die room verminder word.
6 Die neutmuskaat gee ‘n heerlike geur aan die sop.
7 Jy kan klaar butternutblokkies by die meeste plekke koop,as jy tyd wil spaar.
8 Gebruik bulgaarse joghurt as jy individuele porsies wil garneer-dit werk beter as room bo-op sop,want dit is dikker.

Butternutsop (Vinnige)
1 butternut geskil en in blokkies gesny
2 uie, medium opgekerf
4 aartappels, groot, blokkies gesny
500 ml hoenderaftreksel (kop kookwater op 1 blokkie)
Neut
growwe peper
Sout
knippie Kerrie (± ½ teelepel)
knoffel, fyn
½ Koppie Room/Melk (ops)

Plaas alles gelyk in pot. Kook vir ongeveer 30 minute(of langer) op medium hitte tot goed sag. Puree alles en geur na smaak. Voeg room/melk laaste by.