Monday 29 April 2013

Blomkoolsop




(1 porsie)
  • 30ml botter
  • 30g grasuie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 300g blomkool, grofgekap
  • 250ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 30ml olyfolie
  • 125g baba-varkworsies
Smelt botter in 'n medium pot oor lae hitte. Voeg grasuie en knoffel by en braai stadig vir sowat 5 minute. Voeg blomkool by en braai vir nog sowat 5 minute. Verhoog die temperatuur en voeg die melk by. Laat kook vir 10 minute of totdat die blomkool heeltemal pap en gaar is. Gebruik 'n voedselverwerker (die stick blender-soort is goed) en verwerk die mengsel tot glad
en romerig. Geur goed met sout en swartpeper. Verhit olyfolie in 'n pan en braai die varkworsies tot goudbruin en gaar, sowat 5 minute. Skep sop in bakkies en skep varkworsies bo-op.