Thursday, 11 April 2013

Ann se Appeltert

 
Appeltert (24 tertjies)

220ml Margarien
500ml suiker
6 eiers
100ml melk
500ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
2ml sout
1 groot blik appels

Sous
200ml cremora melkpoeier
400ml kookwater
250ml Suiker
10ml Karamelgeursel

Klits Magarien,suiker,eiers en melk goed saam en voeg die gesifte droë bestandele by en klits tot goed gemeng. Skep beslag in voorbereide muffinpannetjies of tertbak.
plaas appelstukkies op elke tertbeslag. Bak in verhitte oond van 180grade vir 20min vir klein tertjies of 45min vir groot tert.
terwyl tert bak maak sous aan. kook alles saam tot melkpoeier goed opgelos is en gooi warm oor tertjies as dit uitkom. laat bietjie afkoel en haal uit pannetjies.