Thursday 7 March 2013

Ontbytkoekies met kaneel en rosyne




(maak 2 ½ dosyn)

2 ½ k koekmeelblom
200 ml bruinsuiker
2 ½ t bakpoeier
2 t fyn kaneel
½ t koeksoda
½ t sout
1 k granola
½ k rosyntjies
½ k hawermout

2 eiers, liggies geklits
½ k botter, gesmelt
½ k lemoensap

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei. Voeg al die droë bestanddele in ‘n mengbak en voeg eiers, botter en lemoensap by. Roer todat die bestanddele goed gemeng is. Plaas teelepels vol van die mengsel op die voorbereide bakplaat en laat genoeg spasie tussen die koekies. Bak vir 12 – 15 minute tot goudbruin. Verwyder van die bakplaat en laat op ‘n draadrak afkoel. Bêre in ‘n lugdigte houer.