Friday 8 March 2013

Maklike Appeltert met ’n karamelgeur



DIÉ tert is soet, lekker en só maklik om te maak. Die beslag is genoeg vir een tert.
Bestanddele
2 ekstragroot eiers
200 ml (¾ k.) suiker
80 g botter of margarien, gesmelt
60 ml (¼ k.) melk
250 ml (1 k.) koekmeelblom
5 ml (1 t.) bakpoeier
2 groot groen appels, geskil en in skywe gesny

Sous
125 ml (½ k.) ingedampte melk
60 ml (¼ k.) suiker
5 ml (1 t.) karamelgeursel
Hoe maak ek dit?
1. Klits die eiers en suiker saam tot romerig.
2. Voeg die gesmelte botter en melk by.
3. Sif die meel en bakpoeier saam en voeg by die eiermengsel.
4. Skep die beslag in ’n gesmeerde oondvaste tertbak van 24 cm. Rangskik die appelskywe bo-op.
5. Bak sowat 40 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 °C.
6. Sous: Kook die ingedampte melk en suiker oor lae hitte terwyl aanhoudend geroer word. Verwyder van stoof en voeg die geursel by. Giet oor die warm tert.
Hoe dien ek dit op?
Sit die tert warm of koud voor saam met room of vla.
Variasie
Vervang die vars appels met ’n 385 g-blik appelskywe of vrugte van jou keuse.