Wednesday 27 February 2013

Stokkies-Frikkadelle




(sowat 13)
•2 snye volkoringbrood
•500 g maalvleis
•1 eier
•90 g gerasperde kaas
•15 ml tamatiesous
•15 ml blatjang
•15 ml worcestersous

•hand vol gekapte pietersielie (opsioneel)
•sout en vars gemaalde swartpeper
•sosatiestokkies in die helfte gesny

Week die brood vir sowat 10 minute in koue water. Druk die oortollige water uit, meng met die res van die bestanddele en geur met sout en swartpeper. Vorm klein balletjies in jou hand en druk elkeen afsonderlik op 'n sosatiestokkie. Pak op 'n bakplaat en bak vir 15-20 minute teen 200 °C. Laat goed afkoel op die bakplaat.