Tuesday 4 December 2012

Renia se Skottelgoed Mengsel en Seeppoeier

Remy En Rencia Moens
Ek het vroeer jare my eie seeppoeier en skottelgoedwas seep gemaak, maar dit gestaak want waar ons intussen gewoon het was die water sag. Nou sukkel ons met baie harde water en goud geel (goudstof) en baie van my wit wasgoed het effens begin verkleur en is nie meer so mooi wit nie. Met die skottelgoed sukkel selfs sunlight liquid. Van bietjies gebruik is daar nie sprake nie. Ek het die volgende gemeng gisteraand en dit werk wonderlik. Die skottelgoed seep gebruik ek vir alles. Ek verdun dit net en gebruik dit ook op die teels, mure, badkamer, vir alles eintlik. Ek plaas die mengsel hier. As julle kan verbeter doen dit seblief. Ek weet nie van die seeppoeier nie. Op donker kleure is dit 'n wonderwerk want dit behou die kleur baie mooi maar sal moet sien met die witgoed. Weer as julle dit kan verbeter, doen so seblief.

Skottelgoed mengsel:
500 g Pick 'n Pay waspoeier (goodkoopste een)
100 ml gliserine (pick en pay R5.99 goedkoopste.)
250 ml suurlemoensap
250 ml spirits
4 l kookwater
750 ml sunlight liquid.

Kook die water en los die seeppoeier daarin op. Ek het die res van die bestanddele een bygevoeg, kou laat word en gebottel. Dit werk so R5.50 'n liter uit en is sag op die hande agv van die gliserine.

Seeppoeier vir wit en ligte kleure:
1 kg Skip alle kleure
1 kg koek soda
1 kg sout

Meng en gebruik 3 maatlepeltjies (ek gebruik bio classic se lepeltjie, 25 ml of 15 g) Dit werk wondere op donker kleure maar sal maar moet sien of die wit weer wit gaan word. As julle kan verbeter, doen so seblief. Vir donker en swart kleure vervang ek net die Skip alle kleure met Skip vir swart klere.

Ek gebruik net asyn as versag middel. Dit gee geen reuk aan die klere nie. Die wasgoed ruik nog steeds na die seeppoeier.