Desjare se outydse jam tertjies:
Gebruik 'n rolletjie puff pastry en 'n blikkie fyn appelkooskonfyt.
Rol die deeg 'n bietjie uit en druk sirkels uit. Sit konfyt in middel, vou toe (lyk soos 'n half maan), (onthou om die rand met 'n bietjie water te smeer), druk met 'n vurk die rand vas. Smeer 'n geklitste eier oor en bak 180 vir so 15min. Heerlik en goedkoop.
Kan agterna met bietjie versiersuiker gesprinkel word vir 'n "kersfees-feeling".