Sunday, 2 December 2012
PANGEBRAAIDE HOENDER MET BRONKORS
PANGEBRAAIDE HOENDER MET BRONKORS - Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
SLAAISOUS: 3 e suurroom
1 e bruinsuiker
1 t appelasyn
seesout
paprika
SLAAI : 4 hoenderborsies, ontbeen en vel verwyder
1 e druiwepitolie
1 e sojasous
sap van 1 suurlemoen (of minder, as jy verkies)
varsgemaalde swartpeper
bossie vars bronkors (watercress)
6 jongaartappels, in oond gebak
METODE
SLAAISOUS: Meng eerste drie bestanddele goed en geur met sout en paprika. SLAAI: Sny hoenderborsies in dun repies. Verhit druiwepitolie in 'n pan en roerbraai hoenderrepies oor hoë hitte vir 1 minuut. Voeg sojasous en suurlemoensap by en roerbraai verder tot sag en bruin, ongeveer 5 minute. Verwyder van plaat en geur met swartpeper. Sit voor met bronkors, jongaartappels en slaaisous.