Sunday, 2 December 2012
JOGURTKOEK - Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
100g sagte botter
5 e heuning
3 eiers
1 k bruismeel
knippie sout
350ml natuurlike jogurt
1 k vars melk
swart of groen druiwe
2 e donkerrooi konfyt
2 t gelatien
¼ k konjak of brandewyn
METODE
Voorverhit die oond tot 180°C. Meng die botter en heuning met 'n draadklitser in 'n mengbak tot romerig. Voeg die eiers by en meng goed. Voeg die koekmeelblom en sout by en meng. Voeg die jogurt by en meng goed. Voeg die melk stadigaan by, terwyl jy deurentyd met die draadklitser meng. Smeer 'n vierkantige of reghoekige koekpan of oondbak. Giet die beslag daarin en bak vir 45 minute. Laat afkoel. Sny die druiwe middeldeur en pak mooi bo-op die koek. Verhit die konfyt in 'n kastrolletjie oor lae hitte en roer deurentyd. Los die gelatien in die brandewyn op. Roer by die konfyt. Haal van die stoof af en bedruip koek bo-op daarmee.