Thursday 6 December 2012

Daleen se Roti's




Daleen Roodt Coetzee

Jy maak jou deeg soos pannekoek deeg,. bv, ek maak 2 Kop meel 2 eiers, 1 1/2 tl hoender speserye, 1 tl gedroogte pietersielie, gooi water by en so 5 eetl kookolie,. en roer hom tot hy 'n lekker beslag maak soos pannekoek deeg, Bak soos gewone pannekoek,.

Die vulsel het ek gemaak soos volg, Ek het so 5 stukke shin in die stoompot gekook met 'n ui en net sout met swart peper,.
.Eenkant kook jy so ongeveer 4 aartapels met 1 tl kerrie en 2 wortels wat ek gerasper het,. As die storie gaar is mash dit maar n
ie baie fyn nie,. As die vleis gaar is maak dit fyn en meng met die aartappel, Maak 'n witsous sonder die kaas en dan roer jy alles goed bymekaar en vul dit in jou spesery pannekoek,.
Ek het hom al gemaak met hoender of gemaaldevleis,. Dit is heeeerlik en vullend,