Thursday, 29 November 2012

Sepies vir die gaste

Wanneer jy gaste kry wat oorslaap, sorg dat daar 'n paar spesiale sepies in die badkamer is. 
Dit dien eerstens sommer as mooi dekor item en verder help dit vir die gaste wat dalk hul sepie by die huis vergeet het.  Dis mos altyd lekkerder om 'n spesiale nuwe sepie te kan oopmaak en gebruik as wat jy die een moet gebruik wat al n paar dae of langer langs die bad le met skuim borrels reeds daarop.  Koop sepies wat jy nie normaalweg sou in jou huis sit nie - dalk daai een wat jy self so graag wou koop wat so lekker ruik....