As jy gaste oor die fees seisoen kry wat kom kuier en oorslaap, verwelkom hulle met vars blomme in die kamer. Dit hoef nie 'n reuse ruiker te wees nie. Net 'n oulike glas potjie met 'n paar steeltjies blomme daarin (dalk sommer uit jou tuin) sal hulle alreeds baie spesiaal laat voel.