Monday, 5 November 2012

Piesangbrood - Mikrogolfoond

200 ml sagte bruinsuiker
110 ml botter/margarien
1 ekstra-groot eier
250 ml piesangmoes [ 3 – 4 ryp piesangs]
12,5 ml suurlemoensap
100 ml melk
5 ml koeksoda
375 ml koekmeel
7 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml gekapte okkerneute/pekanneute
100 ml semels 


Voer boom en sye van 1,5 lt broodpannetjie, volume 25x10x7,5 cm met papierhanddoek uit.
Verroom die bruinsuiker en botter saam.
Voeg die eier by en meng goed.
Voeg die piesangmoes en suurlemoensap by en meng goed.
Meng die melk en koeksoda en roer dit by piesangmengsel.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam oor die piesangmengsel.
Voeg die semels en neute by en meng goed.
Skep die beslag in die pan en bedek die hoeke met aluminiumfoelie.
Plaas pan op omgekeerde piering in mikrogolf.
Mikrogolf vir 10 minute by 90% krag en 1 minuut by 100% krag.
Verwyder die foelie en mikrogolf dit vir nog 1 minuut by 100% krag.
Laat staan vir 10 minute.
Keer brood versigtig uit, verwyder die papier en laat afkoel.