Friday, 16 November 2012

OOND-AARTAPPELSKYFIES MET JOGURTDOOPSOUS




OOND-AARTAPPELSKYFIES MET JOGURTDOOPSOUS - Die Nataniël Tafel
JY BENODIG
2 kg aartappels
2 e groente-olie
seesout
METODE
Voorverhit die oond tot 180 °C. Skil die aartappels en sny in dun skyfies. Roer olie daardeur en pak op bakplaat. Bak vir 45 tot 55 minute. Haal uit die oond en geur liggies met sout. Dien op met jogurtdoopsous.
JOGURTDOOPSOUS
JY BENODIG
2 e tamatiepasta
2 e bruinsuiker
2 e balsamiese-asyn
1½ k natuurlike jogurt
METODE
Verhit die eerste vier bestanddele in 'n kastrolletjie. Roer totdat die suiker opgelos het. Haal van die stoof af en laat afkoel. Roer in jogurt.